Hi Julle
Dankie vir julle ondersteuning by die Bakgat Somer Opskop op 4 Desember by die GrandWest Arena. Die vertoning was rerig uitstekend met die kunstenaars wat hul beste gelewer het. Andries Vermeulen het die vertoning afgeskop en is goed opgevolg deur Wynand en Cheree. Daarna het Arno Jordaan die jong mense op hulle voete gehad. Emo Adams het toe soos gewoonlik die humor gebring en is goed gevolg deur DJ Ossewa.
Toe het Snotkop almal op hulle voete gebring, waarna Kurt Darren met Groter as Groot die vertoning tot nuwe hoogtes geneem het. Toe het SA se top kunstenaar Steve Hofmeyr die verhoog betree en die vertoning afgesluit soos net hy kan met sy groot treffer Pampoen. Dankie aan al die kunstenaars wat rerig n goeie vertoning gelewer het. Ons wil graag hierdie vertoning elke jaar aanbied, maar soos julle weet moet die program ook elke jaar verander. As daar enige borge is wat sou belangstel om deel te word van hierdie groot Bakgat Somer Opskop kontak my gerus. Wie wil julle volgende jaar by hierdie vertoning en ook by ander vertonings sien optree. Stuur gerus n epos met julle voorstelle na christoshows1@absamail.co.za en ons sal daarna kyk. Hou gerus ons webtuiste dop vir die volgende vertoning of gebeurtenis.
Dan wil ek aan julle almal n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2011 toe wens. Ry veilg waarheen julle ook mag gaan en kom veilig terug.
Bakgat Groete